Old Gold

SAVA Missie

SAVA glo dat alle senior burgers die reg het tot 'n veilige en sinvolle lewe wat strook met die hoogste morele norme en waardes van die mensdom. Ons werk kragdadig en doelgerig om lewens te verryk, 'n gesonde selfbeeld te bou en om die gemeenskap te beinvloed om ook hierdie ideale ook na te streef.

Omtrent SAVA

Algemene besonderhede

SAVA is oorspronklik in 1982 gestig. In 1996 het die Registrateur van Maatskappye die hersiene Artikels van die nuwe SAVA goedgekeur wat voortaan as 'n Artikel 21-maatskappy (sonder winsoogmerk) sal bestaan. Die registrasienommer is 95/09042/08. Die voorwaardes van die wetgewing wat hierdie geenwins-status kon affekteer, is verander deur die belastingwetgewing-wysigingswet, Wet 30 van 2000. Dié verandering het meegebring dat SAVA moes herregistreer as 'n maatskappy wat wél belastingpligtig is of andersins ons fokus sou moes verander. Die bestaansdoelwitte van die maatskappy het egter geen wesenlike verandering ondergaan nie en die herregistrasie moes teen Desember 2003 afgehandel word. Ons bly op stuk van sake egter steeds 'n diens-organisasie in terme van ons goedgekeurde Memorandum en Artikels, en bestaan dus slegs tot die voordeel van ons lede. Daar is geen aandeelhouers wat eise kan stel of bates of ander voordele of winste inpalm nie.

Ons sosiale klubs funksioneer onder die vaandel van 'n spesiaal geregistreerde Artikel 21-maatskappy (SAARP Social Services – Reg Nr 2006/003084/08) wat onder 'n doelaangestelde algemene bestuurder funksioneer, Ray Hattingh, wat ook 'n direkteur van SAVA is.

SAVA vereis geen toetreegeld nie, en ouderdom 50 is die enigste voorwaarde vir lidmaatskap. Ons is na behore by die FDR geregistreer (Nr 4234) en het personeellede wat ten volle gekwalifiseer is om lede met advies te bedien in terme van hulle korttermyn-versekeringsbehoeftes. Ons hoofbron van inkomste is die kommissie (skenkings uitgesluit) wat ons ontvang wanneer lede ons produkte gebruik. Ons staan vas by die stelling dat indien ons produkte nie vir u kan geld bespaar nie, is u onder geen verpligting om hulle te gebruik nie.

Ons het vir ons ten doel gestel om spesiale tariewe en voordele te beding vir ons lede en ons wil lede graag ook bewus maak van afslag wat in die algemeen beskikbaar is vir pensioenarisse. Tydens aftrede ondervind mense met verloop van tyd dat die waarde van hulle inkomste afneem in terme van koopkrag. Dis nie net waar van 'n spesifieke tyd in die ekonomie nie (hoewel fenoneme soos resessies 'n gewisse invloed het), maar in dié aftreetye van finansiële gimnastiek is dit 'n vereiste om die rand te rek.

Die direkteure van SAVA was veral aktief gewees met die stigting en daarstelling van SAHERPA. Dit is 'n organisasie wat 'n waghondrol speel met betrekking tot die daarstel en handhaaf van hoë etiese norme en standaarde ten einde kontraktuele sekuriteit te probeer bied vir mense wat gebruik maak van tru-verbande.

Van so ver terug as 1986 is SAVA besig om sy posisie as beskermer van die senior gemeenskap van Suid Afrika te vestig. Ons glo ons is besig met 'n proses om 'n onontbeerlike deel van die afgetredene se arsenaal te word om met waardigheid te lewe.

Die afgetredene se "Bestaan met waardigheid"-arsenaal gaan nie net oor hoe mens geld spandeer nie, dit sluit ook areas in soos sosiale aktiwiteite. Onder andere vir dié rede het SAVA 'n groot belang daarby om te verseker dat die endossemente en fasiliteite wat vir ons lede beskikbaar is binne die verskeie leefstyl-fasette, saamwerk tot 'n geheel wat 'n leefstyl van bereikbare vergenoegdheid in die hand werk.

Omdat SAVA 'n verklaarde beleid het waarbinne ons alles moontlik probeer doen ten behoewe van die senior burger sonder om groot winste aan enigiemand te laat toeval, is ons in staat om 'n groot persentasie van ons "winste" te kan terugploeg in die vorm van voordele aan ons lede. Derhalwe het ons na 'n afgetredene se lewe gekyk in die vorm van die hoofpilare of fasette waarop lewenswaardigheid rus. Ons glo dat ons deur hierdie riglyne te gebruik, betekenisvolle strategieë kan ontwikkel wat ons in staat sal stel om die lewe van ons lede te kan versier.

SAVA se ontwikkelingspilare

Die beskikbaarstelling van toepaslike dienste wat die lewensvatbaarheid en toepaslikheid van 'n organisasie soos SAVA te alle tye verseker, vra dat die bemarking van die organisasie gedoen word op 'n basis wat die behoeftes van lede aanspreek. Die strewe om hierdie behoeftes in hierdie fokus-areas aan te spreek, diens te verbeter en dienslewering te verskerp, is die sleutel tot die groei van die organisasie wat dan ook tot voordeel van senior lede strek.

Die kategorieë van behoeftes is die hoofpilare wat geïdentifiseer is as groepe behoeftes wat aangespreek moet word soos SAVA groei. Hierdie groepe behoeftes kan uiteindelik ontwikkel word tot spesialis-afdelings binne SAVA. Ons is aanhoudend besig om hierdie sake aan te spreek. U kan ons vordering nagaan op die genommerde kategorieë hierbo.

Teken in om ons gedrukte Bulletin te ontvang

Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.

Kry jy nie jou elektroniese SAVA-Nuusbrief nie?

As jy nie jou SAVA-Nuusbrief elke maand per e-pos ontvang nie, probeer hierdie wenke om die fout op te spoor.

Sluit op die SAVA-Forum by ons aan

Die SAVA-Forum is net vir lede en jy kan daar met ander SAVA-lede gesels en gedagtes uitruil. Klik hier bo om aan te sluit.

Moet jy hierdie somer wegbreek?
Dan het jy Vakansieklub nodig

SAVA se vakansieklub bied vakansieverblyf by meer as 150 vooraanstaande vakansie-oorde landwyd teen fantastiese pryse aan.

Klik hier vir die beskikbare verblyf deur ons vakansieklub.

Verseker jou kar en huis teen 'n laer premie

Vra ons vandag vir 'n kwotasie. Jy sal aangenaam verras wees oor die korting wat ons aanbied.