Old Gold

SAVA Missie

SAVA glo dat alle senior burgers die reg het tot 'n veilige en sinvolle lewe wat strook met die hoogste morele norme en waardes van die mensdom. Ons werk kragdadig en doelgerig om lewens te verryk, 'n gesonde selfbeeld te bou en om die gemeenskap te beinvloed om ook hierdie ideale ook na te streef.

Die SAVA-Bulletin

Bulletin

SAVA-Bulletin: September 2011

Ons Bulletin is die hoof-kommunikasievoertuig aan lede. Dit verskyn twee maal per jaar en is volkleur in A4-formaat. Ons probeer om hiermee ons lede op die hoogte te hou met die nuutste gebeure op die aftreefront.

Natuurlik probeer ons sorg dat sake van wesenlike belang vir die afgetredene die hoofstroom van die temas uitmaak. Dan is daar ook die onafwendbare advertensies wat deel uitmaak van die publikasie ter bestryding van kostes. Dié items fokus op produkte en sake wat deel van die alledaagse lewe van lede uitmaak. Uiteraard is daar steeds 'n wesenlike kostefaktor betrokke by die produksie van so 'n soort publikasie, en veral met betrekking tot die verspreiding daarvan. (U weet elkeen wat posgeld deesdae beloop.)

Ons vra dat lede wat die Bulletin will ontvang 'n jaarlikse skenking van R30.00 maak om posgeld te bestry

Om 'n skenking to maak en die Bulletin te onvang, teken aan hier.

Die gewildheid en noodsaaklikheid van hierdie soort kommunikasie met lede word uitstekend geïllustreer as mens aan die AARP (American Association of Retired Persons) dink. Hulle versprei 'n nuusblad wat waarskynlik van die grootste verspreidingsyfers in die wêreld moet hê – 10 uitgawes per jaar aan meer as 35 miljoen lede wêreldwyd.

Ons is trots om te kan glo dat ons lede van die mees lojale lede van enige vrywillige organisasie landwyd is, indien mens die terugvoer van adverteerders (die reaksie-persentasies) op advertensies as maatstaf neem. Baie dankie vir u ondersteuning aan die maatskappye wat ons finansieel ondersteun. Ons waardeer hierdie lojaliteit wat ons al hoe meer in staat stel om steeds meer vir u te kan doen.

Ons wil egter dadelik weer beklemtoon dat ons houding oor aanbevole produkte eenvoudig is: Indien ons vir u geld kan spaar, gebruik ons verskaffers asseblief, maar indien nie, bly asseblief waar u tans is.

Teken in om ons gedrukte Bulletin te ontvang

Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.

Kry jy nie jou elektroniese SAVA-Nuusbrief nie?

As jy nie jou SAVA-Nuusbrief elke maand per e-pos ontvang nie, probeer hierdie wenke om die fout op te spoor.

Sluit op die SAVA-Forum by ons aan

Die SAVA-Forum is net vir lede en jy kan daar met ander SAVA-lede gesels en gedagtes uitruil. Klik hier bo om aan te sluit.

Moet jy hierdie somer wegbreek?
Dan het jy Vakansieklub nodig

SAVA se vakansieklub bied vakansieverblyf by meer as 150 vooraanstaande vakansie-oorde landwyd teen fantastiese pryse aan.

Klik hier vir die beskikbare verblyf deur ons vakansieklub.

Verseker jou kar en huis teen 'n laer premie

Vra ons vandag vir 'n kwotasie. Jy sal aangenaam verras wees oor die korting wat ons aanbied.