Old Gold

SAVA Missie

SAVA glo dat alle senior burgers die reg het tot 'n veilige en sinvolle lewe wat strook met die hoogste morele norme en waardes van die mensdom. Ons werk kragdadig en doelgerig om lewens te verryk, 'n gesonde selfbeeld te bou en om die gemeenskap te beinvloed om ook hierdie ideale ook na te streef.

Werkgeleenthede / Betrokkenheid

Die saak is ook verwys na 'n permanente sub-komitee van SACSO sodat gereeld aandag daaraan gegee kan word.

SAVA het ten spyte van bogenoemde die stigting van 'n werkverskaffings-buro ondersoek, en het in Maart 2008 die Ou Goud-Werkverskaffingsdatabasis op die been gebring. Dit is 'n voortgaande projek waarin SAVA mense se besonderhede op rekord plaas en dit op 'n weeklikse grondslag beskikbaar stel aan verskeie werkverskaffingsburo's landwyd. Ons het tans heelwat oor die 500 registrasies met kwalifikasies wat wissel van 'n karate-deskundige tot 'n kernkrag-deskundige en van 'n rekenmeester tot 'n ingenieur.

Hierbenewens moet mens dalk in gedagte hou dat die seniorburger-gemeenskap in enige land waarskynlik die grootste bron kundigheid en bevoegdhede het waaraan mens kan dink. SAVA glo dat die diskwalifikasie van 'n aansoek met ouderdom as motivering diskriminerend is en basies teen mens se regte in terme van die Konstitusie indruis.

In die huidige tydvak leef mense gewoon langer te danke aan verbeterde leefstyle en verbeterde mediese dienste. Die resultaat is dat hulle lewenswaardigheid negatief geïmpakteer word omdat tyd en inflasie hulle vroeëre voorsienings vernietig. Geen mens kan tog verwag om vir 40 jaar lank te kan aftree indien hy slegs 40 jaar lank sê 15% kon wegbêre om daarvoor te kan voorsien nie. Verpligte aftrede as gevolg van ouderdom alleen is dus na ons mening immoreel.

Please note: SAARP Old Gold is a service provided for SAARP members only. If you are not a SAARP member, you will need to join SAARP before you register for SAARP Old Gold.

Registreer nou vir werkgeleenthede

Teken in om ons gedrukte Bulletin te ontvang

Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.

Kry jy nie jou elektroniese SAVA-Nuusbrief nie?

As jy nie jou SAVA-Nuusbrief elke maand per e-pos ontvang nie, probeer hierdie wenke om die fout op te spoor.

Sluit op die SAVA-Forum by ons aan

Die SAVA-Forum is net vir lede en jy kan daar met ander SAVA-lede gesels en gedagtes uitruil. Klik hier bo om aan te sluit.

Moet jy hierdie somer wegbreek?
Dan het jy Vakansieklub nodig

SAVA se vakansieklub bied vakansieverblyf by meer as 150 vooraanstaande vakansie-oorde landwyd teen fantastiese pryse aan.

Klik hier vir die beskikbare verblyf deur ons vakansieklub.

Verseker jou kar en huis teen 'n laer premie

Vra ons vandag vir 'n kwotasie. Jy sal aangenaam verras wees oor die korting wat ons aanbied.