Teken in om ons gedrukte Bulletin te ontvang
Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.
SAVA glo dat alle senior burgers die reg het tot 'n veilige en sinvolle lewe wat strook met die hoogste morele norme en waardes van die mensdom. Ons werk kragdadig en doelgerig om lewens te verryk, 'n gesonde selfbeeld te bou en om die gemeenskap te beinvloed om ook hierdie ideale ook na te streef.
Ons het spesiale produkte in die korttermyn-versekeringsafdeling (huis- en motorversekering). Auto & General, SANTAM, Zurich, Alexander Forbes en Warwick Private Rykdom Korttermynversekering bied lede 'n keuse tussen verskeie spesiaal ontwerpte produkte vir seniors. Hierdie produkte bied voordele wat nie geredelik teen hierdie pryse beskikbaar is vir lede van die publiek nie. Voorbeelde hiervan is: geen bybetalings, 'n wyer spektrum van dekking, bykomende voordele soos begrafnisdekking en dies meer. vra vir 'n kwotasie
Ons het spesiale begrafnispolisse / kontant-by-afsterwe-polisse om onmiddellike behoeftes na skielike dood te dek. Die tariewe is in vergelyking so laag dat sommige banke ons produk eerder as hulle eie verkoop! Die aanskaf van hierdie tipe produkte is maar slegs deel van SAVA se mandaat om ons lede tot diens te kan wees.
Wanneer mens genoodsaak word om gebruik te maak van die dienste van ‘n begrafnis-ondernemer, sal alle SAVA lede vir ‘n afslag kwalifiseer met bewys van hulle SAVA lidmaatskapskaart indien hulle van die dienste van Doves gebruik maak. Hierdie voordeel is gratis aan lede.
Ons het 'n kundige adviesdiensgroep landwyd in samewerking met Warwick Private Rykdom wat spesiale sake soos boedelbeplanning, opstel van testamente, trusts en eksekuteursdienste met professionaliteit kan hanteer. Ons kantoor kan u met hierdie persone in kontak bring, of u kan 0800 50 60 70 skakel en direk met hulle praat.
Aanvullend hiertoe het ons 'n direkte telefoniese, faks- of e-pos-diens wat aan lede 'n diens kan verskaf wat eenvoudige behoeftes het wat nie aanvullende gekompliseerde beplanningsonderhoude benodig nie. Hierdie diens word deur 'n spesialiserende prokureur gelewer. Hulle is ook in staat om as eksekuteurs van boedels op te tree en hanteer hierdie sake op 'n persoonlike en vertroulike vlak.
Hulle kan gekontak word deur
e-pos: pme@telkomsa.net
of per faks by 021 913 4304,
of per telefoon by 021 913 8924.
Onthou om u kontakbesonderhede aan hulle te verskaf wanneer u met hulle skakel.
Indiening van belastingvorms met veranderende belastingwette kan 'n uiters frustrerende ondervinding wees. Ons het 'n langafstand-belastingadviesdiens op die been wat met u belastingprobleme teen 'n afslag van 35% laer as normale tariewe sal stoei. Elektroniese indienings kan ook namens u hanteer word. DLA is spesialiste wat toegerus is om u belastingprobleme per faks of e-pos te hanteer – maak nie saak waar u woon nie.
Hulle kontakbesonderhede is:
e-pos tax@dla.co.za
telefoon 079 886 8835
of u kan skryf aan Posbus 646, Edgemead, 7407.
(Onthou u kontakbesonderhede in korrespondensie of e-pos) U kan verseker wees dat alle sake met die grootste vertroulikheid hanteer sal word.
Dit is sekerlik een van die laaste (indien nie dié laaste) groot finansiële transaksies wat u moontlik gedurende u leeftyd moet aangaan. Daar is 'n betreklik hoë transaksiekoste en moontlik 'n hoë rentekoers ter sprake, maar gegewe die regte omstandighede is dit gewis net die ding om 'n situasie aan te spreek waarvoor daar nie lewensvatbare alternatiewe oplossings is nie. Dit is veral wanneer 'n mens ryk aan eiendom en arm aan kontantvloei is en 'n bykomende inkomste benodig om jou lewenswaardigheidsvlak te kan handhaaf, dat hierdie soort oplossing die ideale een mag wees.
Ons was betrokke by die stigting van SAHERPA ("South African Home Equity Release Protection Association") wat 'n waghond-organisasie is wat probeer om te verseker dat truverbande met aanvaarbare norme vir gebruikersbeskerming beskikbaar gestel word. Aan etiese norme word ook ernsige aandag gegee. In 'n poging om te verseker dat daar aan hierdie standaarde voldoen word, word daar 'n jaarlikse dokumentêre oudit uitgevoer. Besonderhede oor die organisasie, produkte, standaarde en nog meer is verkrygbaar op www.saherpa.org
SAVA ontvang hoegenaamd geen inkomste – direk of indirek – uit enige van hierdie kontrakte nie, maar ons glo dit dien die beste belang van ons lede en daarom bly ons aktief betrokke by die organisasie.
Dit is net nog 'n faset waar ons namens u die bul by die horings pak.
Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.
As jy nie jou SAVA-Nuusbrief elke maand per e-pos ontvang nie, probeer hierdie wenke om die fout op te spoor.
Die SAVA-Forum is net vir lede en jy kan daar met ander SAVA-lede gesels en gedagtes uitruil. Klik hier bo om aan te sluit.
SAVA se vakansieklub bied vakansieverblyf by meer as 150 vooraanstaande vakansie-oorde landwyd teen fantastiese pryse aan.
Vra ons vandag vir 'n kwotasie. Jy sal aangenaam verras wees oor die korting wat ons aanbied.