Old Gold

SAVA Missie

SAVA glo dat alle senior burgers die reg het tot 'n veilige en sinvolle lewe wat strook met die hoogste morele norme en waardes van die mensdom. Ons werk kragdadig en doelgerig om lewens te verryk, 'n gesonde selfbeeld te bou en om die gemeenskap te beinvloed om ook hierdie ideale ook na te streef.

Gesondheidsorg

Die harde werklikheid skryf voor dat ons 'n behoefte het vir toenemende mediese sorg en gesondheidsprodukte soos ons ouer word. Dit is ook heel moontlik van die moeilikste en duurste behoeftes van ouer wordende mense. Hoewel ons graag aan lede 'n eie mediese fonds sou wou aanbied, is die kostestruktuur tans heeltemal buite haalbare norme. Indien die regering die veelbesproke TEF (Tarief-Ekwalisasiefonds) implementeer, sal SAVA na alle waarskynlikheid onmiddellik 'n eie mediese fonds in die lewe roep. Tot dan sal alternatiewe egter moet doen.

Ons het tans sekere korttermyn-versekeringsprodukte beskikbaar wat mediese fondse ondersteun.

Ons ooreenkoms met die Medi-Clinic-groep

Ons het 'n samewerkingsooreenkoms met die Medi-Clinic-groep aangegaan en hulle het 'n organisasie bekend as Medi-Clinic Senior gestig wat verdere voordele tot die beskikking van SAVA lede gestel het. Die onderstaande besonderhede wat voordele verduidelik is van die webwerf af geneem:

Wat is Medi-Clinic Senior?

Soos ons ouer raak word ons meer gesondheidsbewus. Ons neig om meer te fokus op kwaliteit-tyd met vriende en familie en bedryf aktiwiteite wat ons waarskynlik voorheen nie die tyd voor kon inruim nie. Omdat ons die kwaliteit van u lewe wil verryk, het ons die program bekend as Medi-Clinic Senior ontwikkel wat spesifiek fokus op mense wat reeds die ouderdom van 60 jaar bereik het.

Wat bied Medi-Clinic Senior?

  • Gesondheidsinligting: Deelnemende Medi-Clinic-hospitale bied gereeld inligtingsessies en gesondheidsiftingstoetse aan vir enige ouer persoon wat op sy of haar gesondheid gesteld is.
  • Gesondheidsinligtingsessies: Kundiges op die gebied van ouer volwasse siektetoestande bied gratis inligtingsessies aan waartydens die simptome, gevaartekens en die behandeling van siektetoestande bespreek word.
    Hierdie sessies sal u in staat stel om beheer te neem oor u mediese probleem indien u een sou hê, en u dan in die posisie plaas om ingeligte besluite te kan neem. U sal ook die geleentheid kry om tydens hierdie sessies vrae te stel. Inligting rakende hierdie sessies word in die media geadverteer, maar lede van die Medi-Clinic Senior-program sal ook uitgenooi word.
  • Gesondheidsiftingstoetse: Lede van Medi-Clinic Senior het toegang tot 'n gesondheidskliniek waar 'n geregistreerde verpleegkundige gesondheidsiftingstoetse sal uitvoer en toepaslike gesondheidsadvies verskaf. Die gesondheidsiftingstoetse behels die meet van bloedglukose, hemoglobien, bloedcholesterol en bloeddruk asook 'n urinetoets. Die meet van bloedglukose, hemoglobien en cholesterol behels 'n ligte vingerprik en die uitslag is normaalweg na vyf minute beskikbaar. Indien u resultate nie binne normale parameters is nie, sal u na u eie geneesheer verwys word vir 'n ondersoek.

Elke lid van Medi-Clinic Senior sal 'n gesondheidskaart ontvang waarop u resultate ná elke besoek aangebring sal word. Wys hierdie kaart aan u dokter met u volgende besoek.

Besoeke aan die kliniek geskied teen 'n minimale fooi en slegs op 'n afspraakbasis, sodat verpleegkundiges voldoende tyd aan die pasiënte kan bestee. Om 'n afspraak te maak, skakel asseblief die naaste Medi-Clinic-hospitaal wat hierdie diens aanbied.

Hoe word iemand lid van Medi-clinic Senior?

Enige persoon van 60 jaar of ouer kan by die Medi-Clinic Senior-program aansluit deur 'n lidmaatskapsvorm te voltooi, waarna 'n lidmaatskapskaart ontvang sal word met al die toepaslike persoonlike inligting.

Die lidmaatskapsvorm is beskikbaar op die Medi-Clinic-webtuiste (www.mediclinic.co.za), tydens hospitalisasie of wanneer 'n inligtingsessie of gesondheidsiftingskliniek by 'n deelnemende Medi-Clinic-hospitaal besoek word. Indien enige van die inligting sou verander, soos die adresbesonderhede en kontaktelefoonnommers moet dit op die lidmaatskapsvorm ingevul word en ingelewer word wanneer 'n Medi-Clinic-hospital besoek word. Die persoonlike inligting sal op die Medi-Clinic-stelsel opgedateer word en 'n nuwe lidmaatskapkaart sal uitgereik word.

Die lidmaatskapkaart is 'n bewys van lidmaatskap aan die Medi-Clinic Senior-program, en sal opname tot enige Medi-Clinic-hospitaal bespoedig, indien dit tydens die toelatingsproses getoon word.

Ten einde meer inligting te bekom, besoek u naaste Medi-Clinic-hospitaal.

Visie en brille

Daar is ooreenkomste met nasionale maatskappye soos Spec-Savers met tariefooreenkomste ten opsigte van gesigsverbeteringsprodukte soos brille wat teen spesiale tariewe verskaf word. Daar is selfs 'n diens waardeur ons met vooraf kennisgewing kan reël dat mobiele toetssentrums besoeke aan aftreeoorde kan aflê wat lede in staat stel om die dienste binne hulle eie oord te kan gebruik.

Lede wat Spec-Savers se dienste gebruik, word versoek om soos volg te werk te gaan:

  • Betaal asseblief kontant vir die dienste.
  • Verkry bewys van die uitgawe met gepaardgaande dokumentasie.
  • Dien 'n eis in by u mediese fonds om 'n terugbetaling te ontvang.

U moet asseblief kennis neem dat geen afslag via direkte eise van u mediese fonds beskikbaar is nie – u sal gediskwalifiseer word indien u deur u fonds wil laat eis. Die doelwit is om te help om binne die perke van u mediese fonds te kan bly en bybetalings te vermy.

Gehoorapparaat

'n Spesiale ooreenkoms met Impact Hearing plaas ons lede in die voordelige posisie waarin hulle kwalifiseer vir 'n afslag van R750.00 ten tye van die aanskaf van enige een van vier bekende make gehoorapparate. Selfs al sou daar geen handelaar van Impact Hearing in u onmiddellike omgewing wees nie, sal u steeds kwalifiseer vir die afslag in die vorm van 'n terugbetaling indien u bewys van aankope en uitgawe verkry en dit by Impact Hearing se hoofkantoor indien.

Teken in om ons gedrukte Bulletin te ontvang

Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.

Kry jy nie jou elektroniese SAVA-Nuusbrief nie?

As jy nie jou SAVA-Nuusbrief elke maand per e-pos ontvang nie, probeer hierdie wenke om die fout op te spoor.

Sluit op die SAVA-Forum by ons aan

Die SAVA-Forum is net vir lede en jy kan daar met ander SAVA-lede gesels en gedagtes uitruil. Klik hier bo om aan te sluit.

Moet jy hierdie somer wegbreek?
Dan het jy Vakansieklub nodig

SAVA se vakansieklub bied vakansieverblyf by meer as 150 vooraanstaande vakansie-oorde landwyd teen fantastiese pryse aan.

Klik hier vir die beskikbare verblyf deur ons vakansieklub.

Verseker jou kar en huis teen 'n laer premie

Vra ons vandag vir 'n kwotasie. Jy sal aangenaam verras wees oor die korting wat ons aanbied.