Old Gold

SAVA Missie

SAVA glo dat alle senior burgers die reg het tot 'n veilige en sinvolle lewe wat strook met die hoogste morele norme en waardes van die mensdom. Ons werk kragdadig en doelgerig om lewens te verryk, 'n gesonde selfbeeld te bou en om die gemeenskap te beinvloed om ook hierdie ideale ook na te streef.

Ontspanning

SAVA-Reisklub

Die SAVA-Vakansieklub is onlangs op die been gebring en die doelwit is om seniors se spesiale behoeftes vir reis op 'n meer persoonlike vlak te hanteer as vergelykbare dienste wat tans in die mark beskikbaar is. Die klub spesialiseer in persoonlike kontak en een-tot-een advies wanneer enigsins moontlik.

Versekeringsbehoeftes vir reise is nog 'n area waar die senior reisiger wat 'n SAVA-lid is, deur die Reisklub bevoordeel kan word. Die geherorganiseerde reisklub het verskeie meewerkende lede wat onder andere spesiaal uitgesoek word vanweë hulle vermoë om aan die bejaarde reisiger spesiale diens te kan gee.

Feaured tour: Moscow to St Petersburg river cruise

Beskikbare toere

SAVA-Vakansieklub

Die SAVA-Vakansieklub is net nog 'n nuutjie wat vir die behoeftes van ons lede geskep is. 'n Vakansie sonder die vermoeienis van 'n lang reis is baie keer net wat u medikus sou voorskryf. Wanneer geld skaars is, is 'n kort wegbreek na 'n hoëkwaliteit-omgewing waar mens werklik kan ontspan 'n winskoop waarmee nie gespeel moet word nie.

SAVA het onlangs bykans R2m belê in Holiday Club-punte wat beskikbaar gestel word aan lede vir vakansies teen afslagpryse wat gewone vakansiepryse baie duur laat lyk. Ons lede kan nou uit bykans 150 uitgesoekte vakansiebestemmings landwyd kies om so 'n vakansie te gaan hou. Daar kan selfs by oorsese vakansieoorde vakansies gereël word op ons punte!

Beskikbare akkommodasie

Hotelle

Daar is 'n spesiale afslagooreenkoms met African Sky Hotelle vir lede. Die afslag is noemenswaardig en lede wat gebruik wil maak van hierdie diens moet vir Renske by Hoofkantoor skakel op 021-5921279 om reëlings te tref.

Motorhuur - AVIS

Ons het 'n spesiale ooreenkoms vir lae motorhuur tariewe by AVIS. Ons lede kwalifiseer nou vir  dieselfde lae tariewe dwarsdeur die jaar. Dit loon egter om tog seker te maak dat korttermyn spesiale aanbiedinge (wat marginal laer mag wees van tyd tot tyd) nie van toepassing is wanneer u bespreek nie.

Al wat u moet doen is:

  • Skakel AVIS sentrale reservering op 0861 021 111
  • Kwoteer SAVA afslag kode J871801
  • Reël om met ‘n AVIS aanvaarbare kaart te betaal.

Indien u nie uself sou wou bestuur nie, sal die AVIS Point2Point ‘n persoonlike diens met graagte tot u beskikking stel.

Hierdie tariewe is slegs van toepassing op bona fide SAVA lede.

Indien u op pad oorsee is en ‘n motorhuuur kontrak wil aangaan, waarom nie ‘n kwotasie van Holiday Autos verkry nie? Skakel slegs 0860 100 565 en kwoteer u SAVA lidnommer.

Avis

Motorhuur - HOLIDAY AUTOS

Holiday Autos, as 'n wêreldwye motor huur makelaar, bring u aansienlike besparings op u volgende motor huur. Van Abu Dhabi tot Zurich and orals tussen-in, bied ons u ten volle ingeslote, vooraf betaalde en gewaarborgde tariewe van gevestigde maatskappye wat u kan vertrou. En ons sluit altyd onbeperkte kilometers in. Skakel ons nou vir 'n verpligting-vrye kwotasie – gebruik die SAARP kliente nommer 1255927 as verwysing om die afslag te verseker.

Om u eie kwotasie op die webwerf te kry, of om 'n motor te bespreek, klik op die Holiday Autos logo hieronder. Hierdie skakel sal u na die Holiday Autos webwerf neem, en sal automaties die SAARP afslag pryse vir u wys.

Holiday Autos

 

Motorhuur - FIRST CAR RENTAL

Ons het 'n ooreenkoms gesluit met First Car, wat baie goeie tariewe aanbied. Klik net op die logo van First Car hier onder en volg die instruksies:

First Car Rental

Vir diegene wat nie 'n bespreking 'online' wil maak nie, bel net die sentrale besprekingskantoor en meld die verwysingsnommer van die rekening en die tariefkode wanneer jy jou bespreking doen, om die regte tarief te kry. Die verwysingsnommer van die rekening is SAA004R en die tariefkode is **SAARPH. Die nommer van die inbelsentrum is 0861 178 227. [** = asterisk, asterisk].

Teken in om ons gedrukte Bulletin te ontvang

Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.

Kry jy nie jou elektroniese SAVA-Nuusbrief nie?

As jy nie jou SAVA-Nuusbrief elke maand per e-pos ontvang nie, probeer hierdie wenke om die fout op te spoor.

Sluit op die SAVA-Forum by ons aan

Die SAVA-Forum is net vir lede en jy kan daar met ander SAVA-lede gesels en gedagtes uitruil. Klik hier bo om aan te sluit.

Moet jy hierdie somer wegbreek?
Dan het jy Vakansieklub nodig

SAVA se vakansieklub bied vakansieverblyf by meer as 150 vooraanstaande vakansie-oorde landwyd teen fantastiese pryse aan.

Klik hier vir die beskikbare verblyf deur ons vakansieklub.

Verseker jou kar en huis teen 'n laer premie

Vra ons vandag vir 'n kwotasie. Jy sal aangenaam verras wees oor die korting wat ons aanbied.