Old Gold

SAVA Missie

SAVA glo dat alle senior burgers die reg het tot 'n veilige en sinvolle lewe wat strook met die hoogste morele norme en waardes van die mensdom. Ons werk kragdadig en doelgerig om lewens te verryk, 'n gesonde selfbeeld te bou en om die gemeenskap te beinvloed om ook hierdie ideale ook na te streef.

Beskerming

Hierdie behoefte word deur SACSO deur een van sy spesiale subkomitees aangespreek. Uiteraard sal SAVA die saak aanhoudend monitor en steeds sy rol as tussenganger in hierdie verband speel.

Heelparty kwesssies is reeds aangespreek deur die nuut gepromulgeerde Wet op Ouer Persone (Wet 13 van 2006). Die regulasies wat toepassingsimpetus verskaf is egter nog nie gepromulgeer nie. Hier het ons ’n baie belangrike stuk wetgewing wat in wese ’n “Beginselwetsontwerp” is wat op dieselfde wyse as ons Konstitusie fungeer – met ander woorde, dit affekteer alle ander wetgewing op ’n wyse wat veranderings sal noop en wat alle toepaslike ander wette sal dwing om te voldoen aan die bedoelings (intensie) van hierdie wet. (Dit is ook waarom mense ’n appél kan aanhangig maak by die Konstitusionele Hof en uitspraak mag bevestig dat ander wetgewing “onkonstitusioneel” is en gewysig moet word.)

Mishandeling van ouer mense maak op verskillende vlakke sy verskyning en is nie noodwendig fisiek van aard nie. Met die Wet op Ouer Persone aan ons kant is ons in ’n nuwe era waarin die ouer persoon ten einde laaste toegang het tot wetlik toepaslike beskerming vir hulleself. In werklike feite hoef die persone nie self eers die klagtes aanhangig te maak nie, want indien iemand alarm maak is die minister onder ’n wetlike verpligting om ’n ondersoek te laat instel.

Ongelukkig is daar gevalle waar mishandeling van senior persone binne aftree-fasiliteite plaasvind, maar hierdie wetgewing sal daarmee help om oortredings hok te slaan, al word dit in ’n inrigting gepleeg.

Teken in om ons gedrukte Bulletin te ontvang

Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.

Kry jy nie jou elektroniese SAVA-Nuusbrief nie?

As jy nie jou SAVA-Nuusbrief elke maand per e-pos ontvang nie, probeer hierdie wenke om die fout op te spoor.

Sluit op die SAVA-Forum by ons aan

Die SAVA-Forum is net vir lede en jy kan daar met ander SAVA-lede gesels en gedagtes uitruil. Klik hier bo om aan te sluit.

Moet jy hierdie somer wegbreek?
Dan het jy Vakansieklub nodig

SAVA se vakansieklub bied vakansieverblyf by meer as 150 vooraanstaande vakansie-oorde landwyd teen fantastiese pryse aan.

Klik hier vir die beskikbare verblyf deur ons vakansieklub.

Verseker jou kar en huis teen 'n laer premie

Vra ons vandag vir 'n kwotasie. Jy sal aangenaam verras wees oor die korting wat ons aanbied.