Teken in om ons gedrukte Bulletin te ontvang
Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.
SAVA glo dat alle senior burgers die reg het tot 'n veilige en sinvolle lewe wat strook met die hoogste morele norme en waardes van die mensdom. Ons werk kragdadig en doelgerig om lewens te verryk, 'n gesonde selfbeeld te bou en om die gemeenskap te beinvloed om ook hierdie ideale ook na te streef.
Behalwe ons interne werkwyses en eie kontakte wat ons gebruik om kwessies aan te spreek, is ons ook betrokke by SACSO. (SA Confederation of Seniors Organisations). Ons is ook betrokke by die Forum vir Ouer Persone en ander liggaame wat toepaslike fokusareas nastreef.
Belangegroepe wat senior burgers in verskeie gespesialiseerde areas verteenwoordig speel 'n baie groot rol om die owerhede se aandag op verskeie kwessies te fokus. Dit is 'n onontbeerlike taak. Dis ons uiteindelike droom om permanente aanstellings te kan maak van mense wat op parlementêre vlak as saak-advokate kan optree. Op hierdie wyse sal ons met ons verteenwoordigers in gesprek kan tree namens die lede wat ons op databasis het en wat hopelik genoeg sal wees om 'n heroorweging van probleemsake te kan afdwing.
Hoewel ons nog nie daar is nie, glo ons dat ons u hulp kan vra om ons by te staan met die werwing van meer nuwe lede sodat ons op hierdie wyse ook vir u so gou moontlik kan bystaan.
Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.
As jy nie jou SAVA-Nuusbrief elke maand per e-pos ontvang nie, probeer hierdie wenke om die fout op te spoor.
Die SAVA-Forum is net vir lede en jy kan daar met ander SAVA-lede gesels en gedagtes uitruil. Klik hier bo om aan te sluit.
SAVA se vakansieklub bied vakansieverblyf by meer as 150 vooraanstaande vakansie-oorde landwyd teen fantastiese pryse aan.
Vra ons vandag vir 'n kwotasie. Jy sal aangenaam verras wees oor die korting wat ons aanbied.