Teken in om ons gedrukte Bulletin te ontvang
Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.
SAVA glo dat alle senior burgers die reg het tot 'n veilige en sinvolle lewe wat strook met die hoogste morele norme en waardes van die mensdom. Ons werk kragdadig en doelgerig om lewens te verryk, 'n gesonde selfbeeld te bou en om die gemeenskap te beinvloed om ook hierdie ideale ook na te streef.
Ons is in vennootskap met www.seniorservice.co.za met hierdie webwerf wat hom ten doel stel om die nuutste beskikbare inligting oor die behuisingsmoontlikhede vir seniors beskikbaar te maak. U sal op hierdie webwerf na hartelus kan soek vir aftreeoord-akkommodasie in die omgewing van u keuse met die geriewe van u keuse. Daar is meer as 1,500 oorde en inrigtings wat gelys word en dit kan soos die antwoord op 'n gebed wees indien mens geen ander inligtingsbron tot mens se beskikking het nie. Sover ons kennis strek is dit tans die grootste en mees omvattende databasis van sy soort wat in Suid Afrika beskikbaar is.
Die bron voorsien ook 'n uitgebreide lys met kontakbesonderhede van ondersteunings-organisasies vir siektes soos Alzheimer se siekte, Dementia, Parkinson se siekte, alkoholisme of enige van die menigte plae wat senior burgers teister.
Bo en behalwe dié inligting word daar gereeld artikels van belang gepubliseer. Dit is voorwaar 'n inligtingsbron wat nie oor die hoof gesien behoort te word nie.
Die gesamentlike projek is beskikbaar by adres www.seniorservice.co.za en dit is 'n uitstekende plek om u soektog te kan begin indien u
Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.
As jy nie jou SAVA-Nuusbrief elke maand per e-pos ontvang nie, probeer hierdie wenke om die fout op te spoor.
Die SAVA-Forum is net vir lede en jy kan daar met ander SAVA-lede gesels en gedagtes uitruil. Klik hier bo om aan te sluit.
SAVA se vakansieklub bied vakansieverblyf by meer as 150 vooraanstaande vakansie-oorde landwyd teen fantastiese pryse aan.
Vra ons vandag vir 'n kwotasie. Jy sal aangenaam verras wees oor die korting wat ons aanbied.