Teken in om ons gedrukte Bulletin te ontvang
Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.
SAVA glo dat alle senior burgers die reg het tot 'n veilige en sinvolle lewe wat strook met die hoogste morele norme en waardes van die mensdom. Ons werk kragdadig en doelgerig om lewens te verryk, 'n gesonde selfbeeld te bou en om die gemeenskap te beinvloed om ook hierdie ideale ook na te streef.
In die Westerse wêreld en ander Eerste Wêreld-lande het die ouderdomsgroep van tagtig jaar en meer die vinnigste groeiende groep van die bevolking geword. Dis te danke aan 'n groter gesondheidsbewussyn, kennis oor behoorlike dieet sowel as genoegsame oefening en stimulasie van denke. Verbeterde mediese geriewe en prosedures speel natuurlik 'n groot rol in lewensverwagting. Voortvloeiend hieruit is daar twee belangrike uitdagings wat die hoof gebied moet word, naamlik:
krimpende inkomste en eensaamheid.
As algemene stelling word sosiale kontak belangriker soos mense verouder. Dalk het 'n lewensmaat hulle ontval of miskien het hulle kinders ge-emigreer. Terwyl sommige seniors willens en wetens besluit om hulle lewe in Suid Afrika voort te sit, is daar ander wat gewoon net nie kan bekostig om hulle kinders oorsee te volg nie.
'n Paar jaar gelede het SAVA hierdie behoeftes raakgesien en beplan om sosiale klubs te vorm om dit aan te spreek. Toe die ARP&P gesluit het, het SAVA dit as 'n goue geleentheid gesien om hierdie fasiliteite vir ons eie lede te bekom. Die ARP&P is genooi om by SAVA aan te sluit en SAVA se afdeling Sosiale Dienste het die lig gesien ten einde die klubs te ondersteun. Op hierdie punt het SAVA 'n betekenisvolle bedrag in die infrastruktuur van nuwe klubs belê.
Terwyl SAVA die ekonomiese behoeftes van sy lede probeer aanspreek, hanteer die afdeling Sosiale Dienste die probleme van alleen-wees deur die daarstel en ondersteuning van sosiale klubs.
Deur maandelikse vergaderings te hou, vermaaklikhede te reël, etes en uitstappies te organiseer en dies meer, skep hulle geleenthede vir seniors om te ontmoet en interaksie te geniet. In der waarheid het baie klubs sub-groepe vir bingo en brug sowel as ander aktiwiteite. Baie van die ouer garde se behoeftes aan sosiale kontak word op dié wyse bevredig.
Lidmaatskap van klubs is oop vir enigeen wat die ouderdom van vyftig jaar behaal het. 'n Lae ledegeld (gewoonlik tussen R25 en R40 per jaar) word gehef om die lopende uitgawes van sulke klubs te dek. Klubs funksioneer selfstandig en daar word net verwag dat hulle die afdeling Sosiale Dienste met afskrifte van hulle rekeninge en besonderhede van hulle lede moet voorsien. Op sy beurt verskaf Sosiale Dienste 'n handleiding, kwitansieboeke, ledekaarte, afskrifte van die Konstitusie, SAVA-kentekens en ander hulp wat hulle mag benodig.
SAVA het een van die direkteure as Hoofbestuurder aangestel met die opdrag om die sosiale klubs te bedryf. Hy is in 'n raadgewende hoedanigheid daar en verskaf hulp en raad wanneer klubs dit benodig.
Die hoofbestuurder bly gedurig in kontak met die klub-komitees en spreek hulle vergaderings gereeld toe. Aan komiteelede word twee interne nuusbriewe op 'n maandelikse basis verskaf om hulle op die hoogte te hou met gebeure.
SAVA se afdeling Sosiale Dienste help ook groepe lede om nuwe klubs op die been te bring deur te help met die stigtingsproses. Tipies sal Sosiale Dienste hand bysit met die verkryging van 'n geskikte vergaderlokaal en help om mense uit te soek om in die eerste komitee te dien. SAVA skenk aan elke nuwe klub R1,000 as 'n bruidskat.
By die eerste vergadering sal die hoofbestuurder verseker dat daar iemend is om mense te verwelkom en om eenvoudige vrae te beantwoord. Hy sal dan die vergadering toespreek en die volgende punte te berde bring:
Die voorsitters van klubs in die Wes-Kaap, Suid-Kaap en Kwazulu-Natal woon gereeld streekvergaderings by wat deur die hoofbestuurder gereël word. Kruisterugvoer tussen klubs is die grootste voordeel wat hieruit voortvloei. Inligting oor sprekers en vermaaklikheidskunstenaars word met mekaar gedeel. Sosiale interaksie tussen klubs is van net so 'n primêre belang as die interaksie tussen lede van 'n klub.
Tans is daar 28 klubs landwyd met 'n gekombineerde ledetal van bykans 9,000.
| Contact number | Name | |
| WESTERN CAPE | ||
| Panorama | ||
021 559 2229 |
Raymond Larkin |
|
| Bellville | ||
| 021 982 4475 | Roy Granger | amroy@absamail.co.za |
| Clarewyn | ||
| 021 761 7855 | Erica Faure | efaure@cybersmart.co.za |
| Constantia | ||
| 021 705 3428 | Chris Page | christophercarole@gmail.com |
| Fish Hoek | ||
| 021 782 4422 021 782 2719 (office) |
Brenda Murrell | bgmurrell@telkomsa.net |
| Groote Schuur | ||
| 021 681 2821 | Mrs Victoria Paterson | patvic21@gmail.com |
| Helderberg | ||
| 021 851 3709 | Mr Chris Marshall | seal0@absamail.co.za |
| Hermanus | ||
| 028 316 2390 082 552 0655 |
Ingrid Green | ingridgreen@hermanus.co.za |
| Milnerton | ||
| 021 558 0150 | Ken Hyde | hyde_joan@hotmail.com |
| Muizenberg | ||
| 021 788 2339 | Bobbie Bowden | |
| Pinelands | ||
021 434 1230 |
Merle Byworth | mbyworth@telkomsa.net |
| Silvermine | ||
| 021 789 1581 | Mrs E Stephens | |
| EASTERN CAPE | ||
| Jeffery's Bay | ||
| 042 296 0193 | Louis Opperman | arpjbay@lantic.net |
| PE East | ||
| 041 581 3267 | Brian Waxham | briaels@telkomsa.net |
| PE West | ||
| 041 365 4671 | Lynne Crothall | zs2mm@telkomsa.net |
| FREE STATE | ||
| Bloemfontein | ||
| 051 522 7535 082 409 5221 |
Ms Judy Mitchell | charlesjudy.mitchell@gmail.com |
| KWAZULU-NATAL | ||
| Alexandra | ||
| 039 975 9612 | Pam Colvin | pamandstan@vodamail.co.za |
| Amanzimtoti | ||
| 082 924 5579 | Errol Theron | errolandsharon@skytec.co.za |
| Margate | ||
| 039 312 6348 | Lucas Barnard | lucashester@telkomsa.net |
| Pinetown | ||
| 031 262 8215 | Brian Humphrey | brianh@telkomsa.net |
| PMBurg | ||
| 033 396 1113 | Roy MacBean | angus.r@vodamail.co.za |
| Umhlanga | ||
| 031 572 4421 | John Young | young@absamail.co.za |
| Upper Highway | ||
| 031 765 4762 031 765 4320 (office) |
Gloria Humble | ludlum@iafrica.com |
| GAUTENG | ||
| North Rand | ||
| 011 706 9207 | Denis Bruckmann | bruc@telkomsa.net |
| Temba | ||
| 012 717 2931 | Mr M C Mhlongo | |
| SOUTHERN CAPE | ||
| George | ||
| 044 873 2125 | Adrian Green | algreen@axxess.co.za |
| Sedgefield | ||
| 044 343 1877 | Ros Macmillan | ramacmillan@hotmail.com |
Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.
As jy nie jou SAVA-Nuusbrief elke maand per e-pos ontvang nie, probeer hierdie wenke om die fout op te spoor.
Die SAVA-Forum is net vir lede en jy kan daar met ander SAVA-lede gesels en gedagtes uitruil. Klik hier bo om aan te sluit.
SAVA se vakansieklub bied vakansieverblyf by meer as 150 vooraanstaande vakansie-oorde landwyd teen fantastiese pryse aan.
Vra ons vandag vir 'n kwotasie. Jy sal aangenaam verras wees oor die korting wat ons aanbied.