Teken in om ons gedrukte Bulletin te ontvang
Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.
SAVA glo dat alle senior burgers die reg het tot 'n veilige en sinvolle lewe wat strook met die hoogste morele norme en waardes van die mensdom. Ons werk kragdadig en doelgerig om lewens te verryk, 'n gesonde selfbeeld te bou en om die gemeenskap te beinvloed om ook hierdie ideale ook na te streef.
Deur gebruik te maak van die ooreenkoms wat ons aangegaan het met Universe Direct stel ons vir u in staat om rekenaars (met sagteware) aan te skaf teen uiters lae pryse. Hierdie herboude rekenaars is te sien op hulle webwerf by www.universedirect.co.za en die pryse wat u daar sien is handelaarspryse. Alle rekenaars soos onder SAVA gelys, is beskikbaar met 'n waarborg van twaalf maande. Ander rekenaars se waarborge wissel van drie maande tot een jaar, en kan natuurlik ten tye van die aankoop teen bykomende betaling verleng word.
Universe Direct se kontakbesonderhede is:
Navraagsentrum 086 110 2149,
Kantoor 021 510 3414,
Faks 021 510 1385 of natuurlik op die webwerf by bogenoemde adres.
Wanneer u die webwerf gebruik, gaan soos volg te werk:
Ons het 'n keuse van Internet diensverskaffers vir lede om van te kies.
Vanilla: Verskaf ‘n breë spektrum internet dienste aan lede. Adres en kontak besonderhede sowel as dienste is verkrygbaar by www.vanilla.co.za
XDSL: Is ‘n alternatief wat lede gerus kan ondersoek. Hull kontak detail sowel as produk aanbiedinge is te kry by www.x-dsl.co.za
Die kostes verbonde aan dié dienste is deel van ‘n bewegende teiken in die mark en mens moet liefs bel om die nuutste tariewe en aanbiedinge te verkry. Markfaktore soos die nuwe optiese kabel wat 7 Junie 2009 ons kus bereik het gaan die hele kostestruktuur van hierdie tipe diens affekteer en waarskynlik goedkoper maak. (Nogal besonders vir hierdie tye waarin ons leef.)
Gratis sagteware is op die internet beskikbaar en word deur baie mense gebruik. U hoef dit slegs af te laai.
AVAST, 'n "Free for personal use" antivirus-program wat homself gereeld opdateer en wat voorsien word deur ALWIL-sagteware en beskikbaar is in die tuisgebruik-weergawe by: http://www.avast.com/index.html Die grootte is sowat 18.8 MG
SKYPE, 'n "VOIP"-program wat mense in staat stel om wêreldwyd met mekaar te kan gesels sonder om telefoonrekenings te moet betaal. Dit geskied op 'n rekenaar-tot-rekenaar-basis. SKYPE is sowat 22 MG groot en beskikbaar by: http://www.skype.com/intl/en/download/skype/windows/
SPYBOT is een van die programme wat mens kan gebruik om kwaadwillige programmatuur uit te skakel. Die grootte is sowat 15.6 MG en kan afgelaai word by: http://www.safer-networking.org/en/spybotsd/index.html
PICASA is 'n fotobestuursprogram wat totaal gratis is en beskikbaar van GOOGLE deur hulle webwerf.
Hou in gedagte dat sagteware redelik groot kan wees en u breëband-limiet heelwat kan beïnvloed. Nie alle beskikbare aflaaiwerwe is egter bo verdenking nie, en u moet versigtig wees in dié verband. Maak ook seker u antivirus-programmatuur is op datum. Indien u nie reeds een het nie, is dit een van die eerste programme wat u behoort af te laai. U kan die eerste opsie hieronder bekyk. (Daar is gewis ander programme beskikbaar maar die een hieronder kan u gerus oorweeg.) Benaderde groottes word hieronder gegee, so indien 'n paar mense wil saamwerk sal u 'n idee kan hê van die kosteverspreiding van bandwydte.
Vir 'n donasie van R30,00 per jaar kan jy ons gedrukte SAVA-Bulletin tweekeer per jaar ontvang.
As jy nie jou SAVA-Nuusbrief elke maand per e-pos ontvang nie, probeer hierdie wenke om die fout op te spoor.
Die SAVA-Forum is net vir lede en jy kan daar met ander SAVA-lede gesels en gedagtes uitruil. Klik hier bo om aan te sluit.
SAVA se vakansieklub bied vakansieverblyf by meer as 150 vooraanstaande vakansie-oorde landwyd teen fantastiese pryse aan.
Vra ons vandag vir 'n kwotasie. Jy sal aangenaam verras wees oor die korting wat ons aanbied.